Transnet: Halfmiljoen kan hul werk verloor
So het prof. Jan Havenga, logistiekkenner van die departement bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, gister gewaarsku.
Hy was ’n gasspreker op ’n webinaar oor vragvervoer wat die regering se kommunikasiediens, GCIS, aangebied het.
Havenga doen geruime tyd reeds ekonomiese modellering wat toon hoeveel ekonomiese
groei Suid-Afrika verbeur oor Transnet se wanfunksionele spoorlyne en ondoeltreffende hawens. Sy navorsing toon in 2022 het die land groei van 6% ingeboet en dit sal na verwagting vanjaar 5% wees.